Onthou om enige vrae of kommentaar te stuur na sake metsummit@summit.co.za; of jy kan sake spasie en jou boodskap teks na 33814. Ons wil graag van ons kykers hoor.
Any comments or suggestions? Contact show producer:
Jane van Renen - jane@summit.co.za
ABOUT THE SHOW
Die finansiële- en sakenuus-televisiekanaal Summit TV het in September 2007 ’n daaglikse Afrikaanse program “Sake met Summit” geloods wat tussen 5:30 NM en 6NM uitgesaai word en behels ‘n diepgaande ondersoek na die dag se finansiële en sakenuus gebeure.. Summit TV, wat op DSTV-kanaal 412 uitgesaai word, is gemik op hoë netto-waarde individue en spog met ’n weeklikse kykerstal van nagenoeg 200 000. Die besluit om die aandag op die Afrikaanse gehoor te vestig, is ’n dramatiese een vir dié onderneming.
Die skuif is egter ’n uitvloeisel van die radikale veranderinge wat Summit TV se programmering die afgelope ses maande ondergaan het. Die nuwe Afrikaanse program vul ’n groot leemte in die finansiële uitsaaimedia: “Sake met Summit” is die eerste gereelde daaglikse Afrikaanse program op ’n finansiëletelevisie-kanaal. Die program bied die vele Afrikaanssprekende finansiële deskundiges en maatskappyhoofde wat gereeld op Summit TV verskyn, die geleentheid om in hul moedertaal te praat. “Sake met Summit” word elke Maandag tot Donderdag regstreeks uitgesaai.
Erika van der Merwe en Ewald Muller is die aanbieders en saai alreeds drie jaar lank aan groot Afrikaanse gehoor uit. Van der Merwe is ’n finansiële joernalis en Muller ’n geoktrooieerde rekenmeester. “Sake met Summit” voer met gesoute beleggers sowel as maatskappyhoofde onderhoude en ondersoek die dag se finansiële en sakegebeure.
BROADCAST TIMES
Mondays - Thursday 18:05
|